Joël 2:1  Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—

1Thessalonicense  4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.


1Thessalonicense  4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. “Weggevoer” = Griekse woord is “HARPAZO” wat beteken Wegvoer, Wegraap, Vinnig wegruk. Die woord “HARPAZO” word dan ook gebruik om die aksie te beskryf, wanneer ‘n Arend sy prooi gryp en vinnig daarmee wegvlieg         (“Dakes Annotated Reference Bible”).    Sien ons skrywe

“DIE WEGVOERING VAN DIE BRUID”


1Korinthiërs 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander

word,


1Korinthiërs 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink = ( Grieks ATOMOS - ondeelbaar ), by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.


Johannes 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Johannes 14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

(“click” op die “hyperlink” om die skrywes oop te maak)

Alle literatuur op hierdie web blad is in boekie formaat beskikbaar, kontak ons gerus vir versending - konanja333@gmail.com

UIT DIE WOORD:



TRAKTATE:



ANDER SKRYWERS:




BEMOEDIGING:



















Johannes 8:32  “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”.




Calendar

Geagte vriend,

Baie dankie dat u ons web-blad besoek het.  Ons wil graag die liggaam van Christus bedien met profetiese en skrif gefundeerde leringe.  Dit is on-moontlik om die Woord van die Here te bestudeer sonder om op die ESKATOLOGIESE tydlyne te let.  Die ESKATOLOGIE is een van die belangrikste leerstellings in die Bybel.  Eskatos beteken “LAASTE” en “LOGOS”, dus beteken eskatologie die leer van die laaste dinge, of die leer van die laaste dae.  So seker as die son in die Ooste verskyn en in die Weste verdwyn, gaan ons Here Jesus kom om Sy Bruid te kom haal! (Openbaring 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!).  

1Korinthiërs 16:22 (b) - “MARANATA”! = ‘n Aramese woord wat beteken - “Jesus kom weer”!

Mag u bemoedig word deur die skrywes op hierdie web blad.  Seën groete, Past. Willie & Miemie Horne      (konanja333@gmail.com)

Die eerste 3 ½ jaar van die VERDRUKKING en die laaste 3 ½ jaar van die GROOT-VERDRUKKING.

Openbaring 6:17 “…want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?”

Psalm 119:120 “My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele”.

Nahum 1:2 ‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

Nahum 1:3  Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

Nahum 1:6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.


(Die GRIMMIGHEID en TOORN van ‘n liefdevolle GOD!)


Die eerste drie en 'n half jaar .pdf

OPENBARING HOOFSTUK 8 & 9

Die laaste drie en 'n half jaar van die groot verdrukking.pdf

OPENBARING HOOFSTUK 16 & 19:11 - 21

Die verdrukking (Eerste 3 ½ jaar) en die GROOT verdrukking (Laaste 3 ½ jaar) boekies kan hierbo afgelaai word.

Sal Hy (Jesus) voor of na die verdrukking terugkeer vir Sy heiliges (Sy bruid) ??


Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom {tauta panta ta mellonta = al hierdie dinge wat op die punt staan om te gebeur} te ontvlug {Ekpheugõ= ek het skoon weg ontsnap} en voor die Seun van die mens te staan.


{ Phugein = te ontsnap. Ekphugein = om skoon weg te vlug van. }

Vind die wegvoering plaas voor of na die Groot Verdrukking..pdf Die Bruid..pdf Rosh Hashana - Die Bruilof van die Messias..pdf Die Regterstoel van Christus - Hersien .pdf Die Heilige Gees.pdf Die Bloed van Jesus..pdf Keer Jesus terug met fisiese of geestelike liggaam.pdf Die Hand aan die ploeg geslaan. - Jan 2016.pdf

Open. 21:10  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en MY DIE GROOT STAD GETOON, DIE HEILIGE JERUSALEM, WAT UIT DIE HEMEL VAN GOD NEERDAAL;

Open.21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.

Open. 21:12  En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

Open. 21:13  Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

Open. 21:14  En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

Open. 21:15  En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

Open. 21:16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

Open. 21:17  En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.

Open. 21:18  En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

Open. 21:19  En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

Open. 21:20  die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.

Open. 21:21  En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

DIE NUWE JERUSALEM

Tekens van die tye.pdf

Open. 22:1  En hy het my getoon N SUIWER RIVIER VAN DIE WATER VAN DIE LEWE, HELDER SOOS KRISTAL, WAT UITSTROOM UIT DIE TROON VAN GOD EN VAN DIE LAM.

Open. 22:2  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Open. 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

Open. 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

Open. 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.


Open. 4:1  Ná hierdie dinge { Griekse Woord = META – TAUTA Na die afsluiting van die Kerk of Genade dispensasie van hoofstukke twee en drie wat eindig met ‘n toe deur Opb 3:20 en met, Jesus Christus aan die buitekant.  (Die einde van wêreldevangelisasie) Opb. 4 begin met ‘n geopende deur in die Hemel. Die Wegvoering.   “Dakes Annotated Reference Bible” } het ek gesien kyk, ‘n GEOPENDE DEUR IN DIE HEMEL, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: KOM OP HIERHEEN, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Open. 4:2  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.

Open. 4:3  En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.

Open. 4:4  En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.

Koerant berig - Rapport 16 Aug 1992




DIE  GROOT  OPENING  IN  DIE  NOORDE. 

(AMERIKAANSE  WETENSKAPLIKES)

 

John Morstad rapporteer deur middel van die Herold of Hope-tydskrif, van die wonderteken wat onlangs in die Noordelike sterrehemel en wel in die Orion waargeneem word.  Volgens die sterrekundiges is die aanskoulikheid daarvan só aangrypend dat dit hierdie wetenskaplikes, waarvan sommige ongered is, laat voel of hulle in die teenwoordigheid van 'n Almagtige en Grote God verkeer.  Hulle is nie een in staat om 'n woordelikse weergawe te gee van wat hulle presies gewaar het nie.  Dit kom egter daarop neer dat daar deur spesiale groot lense gewaar word dat daar massiewe hemelkamers in die Orion skuil, diep in die noordelike hemelruim.  Daar is pilare wat skuins staan, helder riviere wat vloei en ook plekke wat lyk asof hulle van pêrels gemaak is.  Daar is ook glinsterende diamantgange te sien.

Die sterrekundiges stem ooreen dat dié wonderlike verskynsel 'n feit is en dat die prag daarvan nie in woorde oorvertel kan word nie.  Die opening in die Noorde is só reusagtig dat daar glo driehonderd duisend van ons eie planeet daarin kan inpas, plus nog die son en dan is daar nog baie ruimte oor.  Wat 'n Wonder-God wat die sterre geskep het!  Wat deur hierdie sterrekundiges gesien word strook ook met wat ons lees in Job 26:7 "Voor Hom wat die Noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks." { 2 Kor 12:3 (b) Weggeruk is tot in die 3 de HEMEL }

Professor Learkin van Mt Lowe, Observatory verklaar dat die foto's 'n onbeskryflike en diepliggende hemelprag openbaar.  Hy sê dat die pen van die skrywer en die kwas van die kunstenaar onbekwaam is om die prag daarvan te weergee.  So iets is nog nooit tevore op die aarde gesien nie, maar is wel daarbo, in die astronomiese sfeer in die Noorde, sigbaar.  Is dit dan nie ook wat Lucifer begeer het, om in die Noorde te sit nie? 3de HEMEL DIE BYBEL “LOKALISEER” dus die 3de hemel in die NOORDE [Ps 48:3;  Job 26:7;  J0b 37:22]

Jes 14:13  En jy[Lucifer] het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 

Jes 14:14  Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my[Lucifer] gelykstel met die Allerhoogste! 


DIE OOSPOORT  “ TWEELING POORT ”

'n Voorstelling van Joodse Rabbis van hoe dit sal lyk wanneer Jesus terugkeer - met die Oospoort oop en die herboude tempel in die agtergrond.

Moslem begrafplaas huidiglik voor die Oos Poort.

Soos die Oospoort huidiglik daar uitsien. 

Die Drie Hemele en die Nuwe Jerusalem..pdf Die Wegvoering van die Bruid.pdf

DIE OOSPOORT  “ TWEELING POORT ”


Wanneer ‘n mens op die Olyfberg staan en jy kyk uit oor die ou stad, wat ook die skrywer se voorreg was in 1987, dan val dit jou op dat die Oospoort nog steeds toe is.  {Toegemessel} Dan kom die woord van die Here deur Esegiël tot ‘n mens aangaande die Antichris.

 

Esegiël 44:1-3 (ongeveer 2600 jaar gelede)

 

Ese 44:1  Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.

Ese 44:2  En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.

Ese 44:3  Wat betref die vors, (Antichris) hy moet as vors daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.

Vers 3; Wat betrek die vors (Antichris), hy moet as vors daarin sit (In die Tempel) …. Van die voorportaal van die die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daaruit gaan.

 

Net die Here Jesus, wat daardeur ingegaan het op ‘n esel  [Die intog in Jerusalem, Mat 21:1-11] sal deur daardie poort gaan die dag van SY Wederkoms.  Die Oospoort sal dus toe bly totdat die Here Jesus dit self sal oopmaak. (Niemand kan oopmaak as HY toegemaak het nie,want jy het min krag.)

 

Sag14:4  En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.


Die Here neem Esegiël 2,600 jaar vorentoe en toon aan hom Jerusalem en die Tempelberg soos dit vadag daar uitsien. Esegiël word na die binnekant van die Oospoort gevat waar mens met die trappe afgaan na ‘n poort met twee koepels, ewe groot, ( hulle noem dit vandag die “Beautiful twin Gate”) en hy sien die Oospoort van die Tempel terein se kant af, dit wil sê, van die binnekant met die trappe wat afgaan na die toe poort.

 

Eseg 40:6  Toe het hy gekom by ‘n poort waarvan die voorkant na die ooste lê, en hy het met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een roede die breedte, en die ander drumpel: een roede die breedte.


Esegiël sien die Oospoort nie soos dit was in Christus se tyd nie. In Christus se tyd was die OOSPOORT OOP en met net een opening, nie twee soos vandag nie. Hy sien dan ook dat die Oospoort toe is,en dit moet toegesluit bly.(Eseg 44:1-2)

Dit is baie interessant want toe “Sultan Sulleiman” ongeveer 500 jaar gelede die muur om die stad in Jerusalem gebou het, het hy die tweelingpoort (Oospoort) gebou op die fondasie van die oorspronklike Oospoort. Iemand het hom daarop gewys dat die Bybel sê dat ‘n Profeet daardeur sal ingaan en die moskee van Omar vernietig. Hy het dit dadelik weer laat toebou, en as ‘n tweede voorsorg maatreël ‘n moslem begrafplaas voor die poort aangelê, omdat die Skrif sê: ‘n profeet mag nie oor ‘n begrafplaas loop nie. Tot vadag het hierdie poort gesluit gebly. En die Arabiere bewaar die plek soos goud. Elke keer wat iemand gepoog het om die poort oop te maak, het daar iets gebeur wat verhinder het dat dit oopgemaak word. Hierdie Oospoort sal dus toe bly TOTDAT JESUS HOM SAL OOPMAAK, MET SY VERSKYNING OP DIE OLYFBERG.



Dooie see – sout see !

Lukas 17:32  Dink aan die vrou van Lot!

Dooie see – sout see !

 

‘n Belofte van GOD AAN DIE JOOD Jes 60:5(b) “Die rykdom van die see gaan na jou toe oor”, en hier word verwys na die Dooie See (Sout-See) . Die Bybel praat van die Sout See.  Die naam Dooie See kom nie in die Bybel voor nie.  Die Dooie See is ongeveer 24 km van Jerusalem geleê.  Dit word die Dooie See genoem omdat daar geen lewe in gevind kan word nie. Die water van die Dooie See is 6½ keer souter as gewone seewater.  As gevolg van die geweldige hoë soutgehalte kan jy rustig op jou rug in die water dryf en koerant of boek lees sonder om te sink.

 

[Volgens Eseg 47 sal hierdie water van die Dooie See in die Duisendjarige Vrederyk weer “GESOND” wees en “LEWE”.  Eseg 47:7  Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom ‘n menigte bome gesien, aan altwee kante.

Eseg 47:8  En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.

Eseg 47:9  En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal ‘n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. ]

 

Die Dooie See is ongeveer 80 km lank, en die oppervlakte is dan ongeveer 1,020 km2. Op die diepste gedeelte is die diepte byna 398 meter, maar die oppervlakte lê 395 meter laer as die oppervlakte van die Middellandse See; daardeur is die diepte 793 meter onder seespieël; buitendien word dit deur berge en plato’s omring sodat die bodem van die dooie see ongeveer 1,600 meter laer as die aangrensende bergland lê.

 

“DAKE’S ANNOTATED REFERENCE BIBLE”  Esegiël 47 (600 vC)

Die volgende minnerale rykdomme word word dan uit die Dooie See ontgin.

(1)            Potash = Potas = Kalium Karbonaat. (Ongeveer 1.3 biljoen ton ter waarde van $68,040,000,000.)

(2)            Bromide = Kalium Bromide. (Ongegeveer 835 miljoen ton ter waarde van $252,720,000,000.)

(3)            Salt = Sout (Ongeveer 11.9 biljoen ton ter waarde van $46,170,000,000.)

(4)            Gypsum = Gips. (Ongeveer 81 miljoen ton ter waarde van $116,640,000.)

(5)            Magnesium Chloride = Kloorkalk. (Ongeveer 22 biljoen ton ter waarde van $797,040,000,000.)

 

 

Die Dooie See  se totale geskatte minerale waarde is $1.19 triljoen.  Bykans 3 keer die totale waarde van die VSA. 

 

Israel is een van die rykste lande ter wêreld en slegs [ongeveer] so groot soos die Kruger Wildtuin.  Hierdie minerale rykdomme van Israel sal die hoof rede wees vir die slag van ARMAGEDDON/Derde Wêreld oorlog. [Openb 16:16] 

 


Want Hierdie Gesindheid - Jul-Aug 2016.pdf Armagéddon.pdf

HERSIEN!!

Die Duisendjarige Vrederyk - Hersien.pdf

HERSIEN!!

Die Twee Getuies.pdf Die Vier Perde van Openbaring 6 - Hersien Jan 2016.pdf

HERSIEN!!

HERSIEN!!

Krag van Gebed - Mei 2017.pdf WEDERGEBOORTE-BOEKIE 2017.pdf

HERSIEN!!

HERSIEN!!

Sonde - Wat is dit. -  HERSIEN 2017.pdf

NUUT!!!

Die Goue Kandelaar - Opgegradeer -Aug 2017.pdf

HERSIEN!!

Goddellike Genesing.pdf

HERSIEN!!

Vrug van die Gees - Hersien-Okt 2017.pdf

HERSIEN!!

Tiendes.pdf

HERSIEN!!

Die Droom van Nebukadnesar - 2018.pdf

HERSIEN!!

Rentmeesters in die Huishouding van  God.pdf

NUUT!!!

Wesens wat van die genade verval het.pdf

HERSIEN!!!